Wagte dreig met Kersstaking
Augetto Graig – Veiligheidswagte landswyd dreig om in die Kerstyd te staak indien nie aan hul eise vir beter vergoeding en werksomstandighede voldoen word nie.
Eienaars van sekuriteitsmaatskappye en hul kliënte moet maar hul Kersvakansie tuis beplan sodat hulle self hul besittings kan oppas, het mnr. John Kwedhi, hoofsekretaris van die Namibiese Vervoer- en Verwante Werkersvakbond (Natau), gister gewaarsku.
Meer as 500 veiligheidswagte het as deel van ‘n landswye protes in Windhoek betoog. In die hoofstad het dié groep in hul uniforms en begelei deur die polisie na die kantoor van die arbeidskommissaris opgemars waar hulle ‘n petisie oorhandig het.
Hierin word onder meer versoek dat arbeidsinspekteurs ondersoek by alle geregistreerde sekuriteitsmaatskappye gaan instel. Hulle moet vergoeding nagaan en uitvind of aan die bepalinge van die arbeidswet en die maatskaplike voorsorgwet voldoen word. Voorts moet hulle vasstel of aan die vereistes van die Internasionale Arbeidsorganisasie (ILO) voldoen word.
Vier vakbonde – Natau, die Namibiese Onafhanklike Sekuriteitsunie (Nisu), die Namibiese Unie vir Veiligheids- en Nagwagte (NASGWU) en die Namibiese Unie vir Huishulpe en Verwante Werkers (NDAWU) – staan saam om groter verhogings te beding. Hulle is tans in ‘n arbeidsgeskil met die werkgewers se mondstuk, die Sekuriteitsvereniging van Namibië (SAN), betrokke ná onderhandelinge verlede maand ‘n dooie punt bereik het.
Die vakbonde eis N$12,50 per uur, terwyl SAN-lede N$7,50 aanbied.
Beide partye wag nou op die arbeidskommissaris om met versoening in te gryp. Indien die proses nie teen 29 November suksesvol afgehandel is, sal die vakbonde met ‘n sertifikaat van onbeslegte geskil die reg hê om wetlik te staak.
“Eienaars van die maatskappye koop helikopters, luukse motors en gaan op eksotiese vakansies, maar waar ons werk, is daar nie eens toilette nie; nie eens ‘n kraan vir water waar ons waghou nie,” het Kwedhi aan die wagte in Windhoek gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie